78ste Golden Globe-toekenningsaand

  78ste Golden Globe-aand 

Datum 28 Februarie 2021
Plek The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië;
The Rainbow Room, Manhattan, New York
Aanbieder Tina Fey
Amy Poehler
Beste rolprente en reekse
Rolprent  Nomadland (drama);
Borat Subsequent Moviefilm (komedie of musiekspel)
TV-reeks  The Crown (drama);
Schitt's Creek (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent  The Queen's Gambit
Meeste pryse  The Crown (4)
Meeste benoemings  The Crown, Mank (6)

Die 78ste Golden Globe-toekenningsaand vir die beste rolprente en televisieprogramme van 2020 en vroeg in 2021,[1] soos deur die Hollywood Foreign Press Association gekies, is op 28 Februarie 2021 in The Rainbow Room, Manhattan, New York, en The Beverly Hilton Beverly Hills, Kalifornië, gehou – byna twee maande later as wat aanvanklik beplan is weens die uitwerking van Covid-19.[2] Daarmee is die tydperk waarin rolprente in aanmerking kon kom tot 28 Februarie uitgestel.[1] Tina Fey en Amy Poehler was die aanbieders.[3]

Die benoemdes is op 3 Februarie 2021 aangekondig.[4][5] Jane Fonda en Norman Lear is aangekondig as die wenners van onderskeidelik die Cecil B. DeMille-prys en die Carol Burnett-prys.[6]

The Crown het die meeste pryse (vier) gewen, insluitende vir beste TV-dramareeks. Schitt's Creek en The Queen's Gambit het twee pryse elk gewen, met Schitt's Creek wat die beste komedie- of musiekspelreeks en The Queen's Gambit wat die beste minireeks of TV-prent was. Die rolprente Borat Subsequent Moviefilm, Nomadland en Soul het twee pryse elk ontvang, met Nomadland wat die beste drama en Borat Subsequent Moviefilm wat die beste komedie of musiekspel was.

  1. 1,0 1,1 "HFPA Announces the Timetable for the 78th Golden Globe Awards" (in Engels). Hollywood Foreign Press Association. 27 Julie 2020. Besoek op 10 November 2020.
  2. McNary, Dave (22 Junie 2020). "Golden Globes 2021 Postponed Nearly Two Months". Variety (in Engels). Besoek op 2 Februarie 2021.
  3. Hipes, Patrick (2 Februarie 2021). "Golden Globes To Go Bicoastal For First Time; Live Show To Feature Tina Fey From New York, Amy Poehler From L.A." Deadline Hollywood (in Engels). Besoek op 4 Februarie 2021.
  4. France, Lisa Respers (3 Februarie 2021). "Golden Globes 2021: See the full list of nominees" (in Engels). CNN. Besoek op 4 Februarie 2021.
  5. Bradshaw, Peter (3 Februarie 2021). "Golden Globes 2021 nominations: 'A new thoughtfulness in the air'". The Guardian (in Engels). Besoek op 4 Februarie 2021.
  6. Lang, Brent (26 Januarie 2021). "Jane Fonda to Receive Golden Globes' Cecil B. DeMille Award". Variety. Besoek op 31 Januarie 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search